{"id":5828,"date":"2025-12-04T12:09:54","date_gmt":"2025-12-04T12:09:54","guid":{"rendered":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/product\/j-c-steyn-en-afrikaans-n-viering\/"},"modified":"2025-12-04T15:40:20","modified_gmt":"2025-12-04T15:40:20","slug":"j-c-steyn-en-afrikaans-n-viering","status":"publish","type":"product","link":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/product\/j-c-steyn-en-afrikaans-n-viering\/","title":{"rendered":"J.C. Steyn en Afrikaans &#8211; &#8216;n Viering"},"content":{"rendered":"<p>Met J.C. Steyn en Afrikaans \u2013 \u2019n viering huldig \u2019n aantal bekende (Afrikaanse) taal- en letterkundiges en digters vir J.C. (Jaap) Steyn aan die begin van die negende dekade van sy lewe, maar ook die taal wat hy met sy lewenswerk gedien het. In veral die vakkundige bydraes word sy akademiese werk \u2013 as taalkundige, taalhistorikus, biograaf, digter en kreatiewe skrywer \u2013 belig. Die afwisseling van taalkundige, letterkundige en skeppende bydraes wil iets weergee van die verskeidenheid van Jaap Steyn se lewenswerk. Die briefwisseling tussen Steyn en prof. Elize Botha (1973 tot 1991) is die enigste plek waar Steyn self uitvoerig aan die woord gestel word. Dit betref \u2019n tydperk waarin van sy belangrikste werksaamhede as kreatiewe skrywer plaasgevind het. Steyn se briewe getuig van sy gebruiklike deeglikheid, maar ook van sy eiesoortige taalvernuf, persoonlike nederigheid en oopheid vir kritiek. In baie van die skeppende bydraes word juis op hierdie persoonlikheidseienskappe gefokus \u00e9n op die onvermydelike sloping wat die ouderdom meebring. Dit is opvallend dat baie van die taalkundige bydraes aspekte belig waaroor Steyn self uitvoerig gepubliseer het en soos \u2019n goue draad loop deur sy taalkundige werk: die geskiedenis van Standaardafrikaans en die stryd om die erkenning van Afrikaans as selfstandige, amptelik erkende, en deeglik gestandaardiseerde taal, asook die fokus op identiteit, taalverandering en taalhouding. In letterkundige bydraes weer is dit opvallend hoeveel daarvan konsentreer op die \u201cgrens-gegewe\u201d: selfdoding, die periferale situasie van homoseksuele en bejaardes, die komplekse verhouding tussen outeur en karakter in die biografie, kultuurgrensoorskrydings en grensdeurbreking op die terreine van die narratologie en genre.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met J.C. Steyn en Afrikaans \u2013 \u2019n viering huldig \u2019n aantal bekende (Afrikaanse) taal- en letterkundiges en digters vir J.C. (Jaap) Steyn aan die begin van die negende dekade van sy lewe, maar ook die taal wat hy met sy lewenswerk gedien het. In veral die vakkundige bydraes word sy akademiese werk \u2013 as taalkundige, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"featured_media":0,"template":"","meta":[],"product_brand":[],"product_cat":[22],"product_tag":[],"class_list":{"0":"post-5828","1":"product","2":"type-product","3":"status-publish","5":"product_cat-education-reference","6":"pa_contributors-angelique-van-niekerk","7":"pa_contributors-bernard-odendaal","8":"pa_contributors-h-p-hennie-van-coller","9":"pa_copyright-angelique-van-niekerk-h-p-hennie-van-coller-bernard-odendaal","10":"pa_language-afrikaans","11":"pa_publisher-uj-press","13":"first","14":"instock","15":"virtual","16":"sold-individually","17":"taxable","18":"purchasable","19":"product-type-simple"},"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product\/5828","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product"}],"about":[{"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/types\/product"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5828"}],"wp:term":[{"taxonomy":"product_brand","embeddable":true,"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product_brand?post=5828"},{"taxonomy":"product_cat","embeddable":true,"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product_cat?post=5828"},{"taxonomy":"product_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product_tag?post=5828"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}