{"id":5907,"date":"2025-12-04T12:11:30","date_gmt":"2025-12-04T12:11:30","guid":{"rendered":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/product\/sinsoekers-tussen-twyfel-en-troos\/"},"modified":"2025-12-04T15:40:51","modified_gmt":"2025-12-04T15:40:51","slug":"sinsoekers-tussen-twyfel-en-troos","status":"publish","type":"product","link":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/product\/sinsoekers-tussen-twyfel-en-troos\/","title":{"rendered":"Sinsoekers: Tussen Twyfel en Troos"},"content":{"rendered":"
Johan Cilliers bied hier \u2019n teologiese boek aan wat tegelykertyd ook \u2019n kunswerk is \u2013 en wys daarmee dat teologiese diskoerse \u2019n opwindende kombinasie van skilderye, gedigte, refleksies, verhale, baie humor, Bybelse woorde, preke en meditasies kan wees. Hierdie boek is \u2019n \u2018bricolage\u2019 \u2013 \u2019n skepping uit \u2019n verskeidenheid van dinge \u2013 en demonstreer dat ons lewens ook \u2019n skone bricolage in God se o\u00eb is. In sy estetiese vorm, maar ook inhoud, is hierdie boek geheel en al anders as baie ander wat al oor \u2018die sin van die lewe\u2019 geskryf is. Johan Cilliers onderbreek elke selfgefabriseerde produksie van betekenis en stuur sy lesers in die rigting van die gawe van genade. Hy open die horison na God en die genade van die betekenis wat God aan ons as klein, maar kosbare fragmente skenk. Hierdie is \u2019n boek oor ons \u2018eskatologiese eksistensie\u2019 \u2013 maar dit klink veels te abstrak. Ek het baie ontdek en geleer deur hierdie boek te lees, het in kontak met die skrywer en sy familie gekom, het bestudeer wat hom fassineer, en baie beter gevoel nadat ek dit klaar gelees het. Dit is waarskynlik die beste wat mens oor \u2019n teologiese boek k\u00e1n s\u00ea. Alexander Deeg: Professor in Praktiese Teologie, Leipzig, Duitsland. In hierdie diep persoonlike boek maak bekende Cilliers temas \u2014 insluitend die skep van sin, prediking, moderne kuns, kleur, Stellenbosse wyne, en die Karoo \u2014 op \u2019n verrassend nuwe wyse hulle verskyning. Hulle word verbind met intens gelukkige en uiters hartseer outobiografiese momente, en word as niks meer as fragmente aangebied nie. Terwyl mens egter die boek lees, begin die fragmente as \u2019n geheel met mekaar kommunikeer, en skep s\u00f3 al spelende \u2019n verrassende, eksistensi\u00eble teologie. \u2019n Teologie wat aanhaak by jou eie eksistensie as leser. Neem, lees, en geniet hierdie smaakvolle boek. Marcel Barnard: Professor in Praktiese Teologie aan die Protestantse Teologiese Universiteit, Amsterdam, en Buitengewone Professor aan die Universiteit Stellenbosch. Johan Cilliers is Emeritus Professor in Homiletiek en Liturgiek, \u2019n voormalige hoof van die Departement Praktiese Teologie en Missiologie aan die Universiteit Stellenbosch, \u2019n voormalige voorsitter van die Prakties-Teologiese Werksgemeenskap van Suid-Afrika, asook voormalige president van Societas Homiletica (die internasionale vereniging vir Homiletiek). Hy het sy teologiese opleiding aan die Universiteit Stellenbosch, asook die Karl Rupprecht Universiteit in Heidelberg, Duitsland, ondergaan. Hy het al as gasdosent opgetree by die Universiteit van Ume\u00e5 (Swede), die Universiteite van Leipzig, Hamburg, W\u00fcrzburg, Humboldt\/Berlyn (Duitsland), die Universiteit van Basel (Switserland), asook die Vrije Universiteit (Nederland) waar van sy boeke as voorgeskrewe literatuur gedien het. Sedert 2021 word van sy werke ook in Russies vertaal vir gebruik by die Universiteit van St. Petersburg, Rusland. Hy het al meer as 120 akademiese artikels in geakkrediteerde tydskrifte<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Johan Cilliers bied hier \u2019n teologiese boek aan wat tegelykertyd ook \u2019n kunswerk is \u2013 en wys daarmee dat teologiese diskoerse \u2019n opwindende kombinasie van skilderye, gedigte, refleksies, verhale, baie humor, Bybelse woorde, preke en meditasies kan wees. Hierdie boek is \u2019n \u2018bricolage\u2019 \u2013 \u2019n skepping uit \u2019n verskeidenheid van dinge \u2013 en demonstreer dat […]<\/p>\n","protected":false},"featured_media":0,"template":"","meta":[],"product_brand":[],"product_cat":[22],"product_tag":[],"class_list":{"0":"post-5907","1":"product","2":"type-product","3":"status-publish","5":"product_cat-education-reference","6":"pa_contributors-johan-cilliers","7":"pa_copyright-johan-cilliers","8":"pa_language-afrikaans","9":"pa_publisher-uj-press","11":"first","12":"instock","13":"virtual","14":"sold-individually","15":"taxable","16":"purchasable","17":"product-type-simple"},"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product\/5907","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product"}],"about":[{"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/types\/product"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5907"}],"wp:term":[{"taxonomy":"product_brand","embeddable":true,"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product_brand?post=5907"},{"taxonomy":"product_cat","embeddable":true,"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product_cat?post=5907"},{"taxonomy":"product_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product_tag?post=5907"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}