{"id":5908,"date":"2025-12-04T12:11:31","date_gmt":"2025-12-04T12:11:31","guid":{"rendered":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/product\/erfdeel-koos-du-plessis-versamelde-werke\/"},"modified":"2025-12-04T15:40:52","modified_gmt":"2025-12-04T15:40:52","slug":"erfdeel-koos-du-plessis-versamelde-werke","status":"publish","type":"product","link":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/product\/erfdeel-koos-du-plessis-versamelde-werke\/","title":{"rendered":"Erfdeel: Koos du Plessis \u2013 Versamelde Werke"},"content":{"rendered":"<p>Met bedrieglik eenvoudige lirieke en gevoelvolle melodie\u00eb het Koos du Plessis musiek in Afrikaans geskep wat tot gewone mense spreek, maar wat oor universele temas handel: verlies, vervreemding, afsondering, ontroering, ontheemding en verganklikheid. Sy musiek word dan ook dikwels vergelyk met di\u00e9 van onder meer Leonard Cohen en Bob Dylan. Koos du Plessis is reeds veertig jaar oorlede, maar sy invloed binne die Afrikaanse kulturele milieu kring steeds wyer uit. Liedjies soos \u201cSprokie vir \u2019n stadskind\u201d en \u201cKinders van die wind\u201d het  onuitwisbaar deel geword van die Afrikaanse kultuurskat; sy liedjies word gesing op enige plek waar daar Afrikaans gehoor word; en meer as \u2019n honderdtal kunstenaars wat musiek maak oor \u2019n bre\u00eb spektrum \u2013 van Theuns Jordaan tot Johannes Kerkorrel en Battery 9 tot Refentse Morake \u2013 het al \u2019n Koos Doep-liedjie opgeneem of vertolk. Koos kan egter moeilik getipeer word slegs as Afrikaanse liriekskrywer: benewens \u2019n sestigtal oorspronklike liedjies, het daar ook postuum twee versbundels onder sy naam verskyn. Daar is steeds \u2019n aanvraag na Koos se eie vertolkings van sy liedjies, wat daarop dui dat hy ook vir homself \u2019n staanplek as uitvoerende kunstenaar afgebaken het. Dan het sy inkennigheid, ongemaklike verhouding met die pers en vroe\u00eb dood hom natuurlik ook \u2019n besonder enigmatiese figuur binne die Afrikaanse kultuurw\u00eareld gemaak. Dis egter moeilik om meer oor Koos en sy werk te wete te kom. Tot die groot frustrasie van joernaliste, was hy publisiteitsku en het hy selde onderhoude toegestaan. Daar is ook nie \u2019n opgaaf van sy kreatiewe werk en sy veeltal lirieke beskikbaar nie. \u2019n Koos du Plessis-liriekbundel met die lirieke en melodielyne van die liedjies op sy eerste twee albums is al \u2019n geruime tyd nie meer beskikbaar nie, en baie van Koos se latere lirieke is aan \u2019n groot deel van sy aanhangers onbekend. Met Erfdeel word hierdie leemte gevul. Die boek bring Koos se kreatiewe werk vir die eerste maal byeen, en vul dit aan met \u2019n oorsig van sy musiekloopbaan en leefw\u00eareld, asook gedagtes oor die invloed van sy nalatenskap. Al Koos se lirieke \u2013 wat ook as verse gelees kan word \u2013 is ingesluit, asook enkele toonsettings van Koos se verse deur ander kunstenaars. Vir liedjieskrywers, musiekmakers en musiekliefhebbers se onthalwe word kitaarakkoorde by elk van die lirieke geplaas. Die verse uit Koos se twee bundels \u2013 Om jou verlaas te groet (Human &#038; Rousseau, 1985) en Skink nog \u2019n uur in my glas (Queillerie, 1995) \u2013 is heropgeneem saam met \u2019n vyftiental ongepubliseerde verse. Erfdeel bevat ook biografiese notas oor Koos se lewe, foto\u2019s, en besonderhede oor die ontstaansgeskiedenis van sommige van sy bekendste liedjies.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met bedrieglik eenvoudige lirieke en gevoelvolle melodie\u00eb het Koos du Plessis musiek in Afrikaans geskep wat tot gewone mense spreek, maar wat oor universele temas handel: verlies, vervreemding, afsondering, ontroering, ontheemding en verganklikheid. Sy musiek word dan ook dikwels vergelyk met di\u00e9 van onder meer Leonard Cohen en Bob Dylan. Koos du Plessis is reeds [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"featured_media":0,"template":"","meta":[],"product_brand":[],"product_cat":[22],"product_tag":[],"class_list":{"0":"post-5908","1":"product","2":"type-product","3":"status-publish","5":"product_cat-education-reference","6":"pa_contributors-irma-du-plessis","7":"pa_copyright-irma-karien-en-karla-du-plessis-verse-incline-house-lirieke","8":"pa_language-afrikaans","9":"pa_publisher-uj-press","11":"first","12":"instock","13":"virtual","14":"sold-individually","15":"taxable","16":"purchasable","17":"product-type-simple"},"aioseo_notices":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product\/5908","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product"}],"about":[{"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/types\/product"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=5908"}],"wp:term":[{"taxonomy":"product_brand","embeddable":true,"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product_brand?post=5908"},{"taxonomy":"product_cat","embeddable":true,"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product_cat?post=5908"},{"taxonomy":"product_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/bookbuddy.snapplify.ai\/za\/wp-json\/wp\/v2\/product_tag?post=5908"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}