Description
Sluit aan by PUGGLE (Programmable Utility Gadget for Great Learning Experiences) om leerders deur hierdie kursus te begelei! In hierdie opwindende, projekgebaseerde kursus ontwikkel leerders gevorderde robotika- en koderingvaardighede deur van nuuts af ’n volledig funksionele, slim Micro:bit-motor te ontwerp en te bou.Bemeester die Apprentice Vlak 2-Slimmotorkarstel. Hierdie gids bied alles wat jy nodig het om leerders te help om hul voertuig te bou en hul vaardighede toe te pas om lynvolg-funksies, hindernisvermyding, afstandbeheer en ’n funksionele hyskraanstruktuur te programmeer.Onderrig met selfvertroue. Elke les is KABV-belyn en bevat duidelike lesdoel-witte, materiaalvereistes en die spesifi eke KABV-vaardighede wat gedek word. Jy sal ook kennerwenke vind oor hoe om hierdie ambisieuse en lonende projek suksesvol te bestuur.Ondersteun jou onderrig met die Resolute-aanlynplatform, wat onderwysersvideogidse bevat wat jou deur elke les lei, asook interaktiewe vasvrae en gereed-vir-gebruik-assesserings. QR-kodes koppel direk met boeiende video’s. Bespaar tyd met voorgestelde antwoorde vir elke vraag in die bygaande Werkboek, sowel as “Stapbokse” met duidelike koderinginstruksies, volledig geïllustreer met skermskote en bedradingsdiagramme.




