Description
Sluit by die Novice Bot aan om jou leerders aan die basiese begin-sels van logika en kodering bekend te stel! Hierdie kursus gebruik die Resly-platform om grondliggende blokgebaseerde kodering en berekeningsdenke aan te leer. Leerders ontdek hoe rekenaars data stoor en hoe om logika toe te pas om prettige uitdagings op te los deur met hul eerste robotstel te werk.Hierdie gids is die perfekte metgesel vir die Novice Vlak 1 Robotikastel. Jy sal stap-vir-stap-aanwysings vind om leerders te help om die Resly-blokgeba-seerde koderingplatform te gebruik om met hul Novice Bot te kommunikeer en dit te beheer. Onderrig met selfvertroue. Elke les is KABV-belyn en bevat duidelike lesdoelwitte, materiaalvereistes en die spesifi eke KABV-vaardighede wat gedek word. Jy sal ook kennerwenke vind oor hoe om elke nuwe koderingkonsep doeltreffend aan te bied.Verryk jou klaskamer met die Resolute-aanlynplatform, wat onderwysersvideogidse, interaktiewe vasvrae en drukbare assesserings insluit. QR-kodes in die boek koppel ook direk met interessante video’s vir jou leerders. Bespaar tyd met volledige oplossings en duidelike leiding vir elke aktiwiteit. Aange-vul met foto’s en skermskote van kode, verseker hierdie gids dat jy elke leerder kan help om sukses te behaal.




