Description
Die outeur bekyk flitspunte uit die geskiedenis van vier Afrikaanse Gereformeerde kerke in Suid-Afrika, met die NG Kerk as sleutelfiguur. Hoewel die tema van kerk en samelewing belangrik is in hierdie studie, kry kernelemente in Gereformeerd-wees ook aandag. Dit sluit in belydenis- en leerstellige benaderings, Gereformeerde karakter, onderlinge verhoudinge en ekumene, en jonger kerke of kerklike familie.




