Description
Hierdie bundel bevat 14 van Goudappel se belangrikste publikasies oor die Urbanistiek soos wat dit in Nederlands (13) of Engels (1) verskyn het. Samesteller is prof Das Steÿn van die Vrystaatse Universiteit in Bloemfontein en voormalige voorsitter van die departement Stads- en Streekbeplanning en tans redakteur van Stads- en Streekbeplanning. Hy doen in jaar 1983 navorsing (“research”) oor Inspraak onder Goudappel se leiding aan Eindhoven en verwerf ’n PhD aan die UOVS met titel “Publieke deelname as ’n kulturele determinant in beplanning binne die denkkader van die urbanistiekkonsep”. Hy vind die urbanistiekkonsep handig en kreatief by probleem oplossing en het dit die laaste 25 jaar gebruik in sy navorsing asook om te doseer as deel van beplanningsteorie aan die Vrystaatse Universiteit se nagraadse opleiding vir beplanners.




