Ken & Verstaan Lewenswetenskappe Graad 11 Leerdersboek (1 year) Adobe Edition

R 40,00

Description

Hierdie Ken & Verstaan Lewenswetenskappe Graad 11-kursus is bygewerk ooreenkomstig die KABV-amendemente van 2019. Die kursus is spesiaal ontwikkel deur ’n span outeurs met ervaring van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Hierdie toeganklike reeks sal leerders help om die noodsaaklike inhoud van en vaardighede vir Lewenswetenskappe onder die knie te kry. Die omvattende Leerdersboek sluit die volgende in: ’n uitgebreide inhoudsblad wat uiteensit hoe die KABV vir elke vertakking gedek word; ’n kopkaart aan die begin van elke module wat ’n oorsig gee van die inhoud van daardie module; aktiwiteite tussen die teks wat sal help om leerders se wetenskapkennis en -vaardighede te ontwikkel, asook formele assesseringstake om leerders se kennis te toets; ’n oorsig aan die einde van elke eenheid wat meehelp met vaslegging van die leerproses; gevallestudies wat verbande lê tussen wetenskap en alledaagse situasies, en gebalanseerde sienings gee oor sensitiewe kwessies; “Inligtingskassies” met interessante bykomende inligting en “Let Wel-kassies” wat belangrike inligting onder die leerder se aandag bring. Sluit nou gratis digitale hulpbronne, soos videos, animasies en aanbiedings in, om onderrig en leer te ondersteun.

Additional information

Authors Annemarie Gebhardt, Bridget Farham, Gonasagaren Pillay, Prithum Preethlall
Language Afrikaans
Publisher Cambridge University Press South Africa
ISBN 9781107380561