Ken & Verstaan Landbouwetenskappe Graad 12 Leerdersboek

R 40,00

Description

Ken & Verstaan Landbouwetenskappe Graad 12 is deur ’n ervare span onderwysers geskryf, ooreenkomstig met die vereistes van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en die bygewerkte KABV dokument van 2019. Hierdie BYGEWERKTE en toeganklike reeks sal leerders help om die inhoud van en vaardighede vir Landbouwetenskappe baas te raak. Die omvattende Leerdersboek bied: ’n uitgebreide inhoudsblad wat uiteensit hoe die KABV in elke eenheid gedek word; assesseringstake en ’n oorsig aan die einde van elke module wat leerders help om kennis te konsolideer; gevallestudies wat wetenskap met die alledaagse lewe verbind en sensitiewe kwessies op ’n gebalanseerde wyse aanspreek; ’n verskeidenheid ‘Het jy geweet?’ en ander inligtingsraampies om die inhoud verder uit te brei en leerders se aandag op belangrike konsepte te vestig; ’n omvattende woordelys wat onbekende en moeilike terme help verduidelik. Sluit nou gratis digitale hulpbronne soos video’s en vasvrae in, om onderrig en leer te ondersteun.

Additional information

Authors Altus Strydom, Henricho Ferreira, Peter J Holmes
Language Afrikaans
Publisher Cambridge University Press South Africa
ISBN 9781009504355