Description
Ontmoet CLANK (Coding Language and New Knowledge) — die kursus se amptelike gelukbringer wat leerders deur die inhoud lei! Hierdie kursus gebruik die Micro:bit om kernvaardighede in robotika en digitale geletterdheid te ontwikkel. Leerders bemeester blokge-baseerde kodering met Scratch en hardeware-integrasie deur ’n reeks interaktiewe sensorprojekte te bou.Hierdie gids is die noodsaaklike metgesel vir die Apprentice die Vlak 1-stel. Dit bied volledige ondersteuning vir die Micro:bit-projekte en lei leerders stap-vir-stap terwyl hulle bou met LEDs, bonsers en insette soos knoppies, bewegingsensors en die klavier-raakpaneel.Onderrig met selfvertroue. Elke les is KABV-belyn en bevat duidelike lesdoelwitte, materiaalvereistes en die spesifi eke KABV-vaardighede wat gedek word. Jy sal ook kennerwenke vind oor hoe om Scratch en die Micro:bit-hardeware suksesvol te integreer. Verryk jou klaskamer met die Resolute-aanlyn-platform, wat onderwysersvideogidse, interaktiewe vasvrae en drukbare assesserings bevat. QR-kodes in die gids koppel direk met nuttige webwerwe en videomateriaal. Bespaar tyd met voorgestelde antwoorde vir elke vraag in die bygaande Werkboek, sowel as “Stapbokse” met duidelike, stap-vir-stap koderinginstruksies, volledig geïl-lustreer met skermskote en foto’s.




