Description
Ontmoet FELIX (Feline Electronic Lifelike Interactive Xperience) — die gelukbringer vir Vlak 3! In hierdie samevattende afsluitingskursus integreer leerders al hul vaardighede in blokgebaseerde kodering, elektronika, en digitale geletterdheid om ’n funksierike “Slimhuis”-projek te ontwerp, bedraad en bou.Hierdie gids is die noodsaaklike metgesel vir die Vakleerling Vlak 3 Slimhuis-stel. Dit bevat gedetailleerde instruksies om onderwysers te help om leerders te begelei in die gebruik van broodborde en die programmering van komplekse insette (soos PIR-sensors) en uitsette (soos servo-motors, RGB-LEDs en LCD-skerms).Onderrig met selfvertroue. Elke les is KABV-belyn en bevat duidelike lesdoelwitte, materiaalvereistes, en die spesifi eke KABVS-vaardighede wat gedek word. Jy sal ook kennerwenke vind oor hoe om leerders deur komplekse bedrading en stelselintegrasie te begelei.Verryk jou klaskamer met die Resolute-aanlynplatform, wat onderwysersvideogidse, interaktiewe vasvrae, en drukbare assesserings insluit. QR-kodes in die boek koppel ook direk met nuttige webwerwe en boeiende video’s. Bespaar tyd met voorgestelde antwoorde vir elke vraag in die bygaande Werkboek, sowel as “Stapbokse” met duidelike kodering- en bedradinginstruksies, volledig geïllustreer met gedetailleerde diagramme en foto’s.




