Description
Begelei jou leerders saam met die Novice Bot terwyl hulle meer gevorderde kodering bemeester! Hierdie kursus gebruik ’n projekgebaseerde benadering om kragtige blokgebaseerde koderingkonsepte soos lusse (loops) en voorwaardes (conditionals) aan te leer, en ontwikkel so kritiese digitale vaardighede deur die programmering van die Novice Bot.Hierdie gids ondersteun die Novice Vlak 3 Uitgebreide Robotikastel. Jy sal gedetailleerde instruksies vind om leerders te help om hul Novice Bot-projekte te voltooi deur gebruik te maak van elektroniese hardeware wat die gaping oorbrug tussen eenvoudige opdragte en slim outomatisering.Onderrig met selfvertroue. Elke les is KABV-belyn en bevat duidelike lesdoelwitte, materiaalvereistes en die spesifi eke KABV-vaardighede wat gedek word. Jy sal ook kennerwenke vind oor hoe om abstrakte konsepte soos “as–dan” logika (if-then logic) te verduidelik.Verryk jou klaskamer met die Resolute-aanlynplatform, wat onderwysersvideogidse, interaktiewe vasvrae, en drukbare assesserings bevat. QR-kodes in die boek koppel ook direk met boeiende video’s vir jou leerders.V3NoviceV3Onderwysersgids2de UitgaweOok Beskikbaar in hierdie reeksBespaar tyd met volledige oplossings en duidelike leiding vir elke aktiwiteit. Aangevul met foto’s en skermskote van kode, verseker hierdie gids dat jy elke leerder kan help om sukses te behaal terwyl hulle hul robot leer om te “dink.




