Description
Die Departement van Basiese Onderwys is verheug om die tweede uitgawe van die reeks Mind the Gap-studiegidse vir Graad 12-leerders bekend te stel. Hierdie studiegidse gaan voort met die vernuwende en toegewyde poging deur die DBO om die akademiese prestasie van Graad 12-kandidate in die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen te verbeter.




