Description
Hierdie boek word in vier hoofafdelings verdeel. In beide die improvisasie en choreografie afdelings word jy as die opvoeder eerstens van onderrigidees en wenke voorsien gevolg deur ‘n voorstelling van verskeie idees vir lesplanne. Die ontwikkeling van improvisasie en choreografie vaardighede word in vlakke gradeer. Die inhoud bevat voorstelle en idees en dit staan jou as opvoeder vry om die materiaal na goeddunke volgens behoefte aan te pas. Die oefeninge kan in enige graad herhaal of aangepas word. Let daarop dat improvisasie en komposisie mekaar aanvul, oorvleuel en komplementeer.




